1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Fraud and forgery of the testator's will or signature : the flight from formalities to no formalities

USD

 

Abstract

Falsification of wills by fraud or forgery is an offence all over the world. It is, unfortunately, not an uncommon occurrence for a will to be tampered with, especially when large sums of money are involved. Kahn indicated that "the number of relevant cases, civil and criminal, in our law reports, on falsification and forgery concerned with a will, apart from several bringing no success to the plaintiff or prosecution, of course is no reflection of the extent of the problem". Contesting a will on the grounds of fraud and/or forgery is not unique to South Africa. Recently a contribution in stated that forged wills are no longer just a fiction.


Bedrog en vervalsing is wêreldwyd 'n bekende misdryf. By die opstel en verlyding van testamente kom bedrog en vervalsing vry algemeen voor deurdat óf die testament óf die handtekeninge van die erflater en/of getuies vervals word. In hierdie artikel word die toename in bedrieglike handelinge ten aansien van 'n testament, en meer spesifiek met betrekking tot vervalsing van handtekeninge, onder die loep geneem.
Die vraag word eerstens gevra of daar 'n toename in vervalsing van testamente is wat deur uitgifte van die vervalste dokument as bedrog manifesteer. In die bespreking word die voorkoms van bedrog en vervalsing by onderhandse testamente, wat "tuisgemaakte" en, meer onlangs, ook holografiese testamente insluit, met die notarieel verlyde testament vergelyk. Daar word geredeneer oor die afwatering van streng formaliteitsvereistes deur wetgewing in sekere jurisdiksies en die verlening van 'n kondonasiebevoegdheid in die verband aan die howe.
Die toename van bedrog in jurisdiksies wat deur die Engelse van 1837 beïnvloed is, word beoordeel en die impak en voorkoms van bedrieglike handelinge op testamente ondersoek. In die proses om wég te beweeg van die gedetailleerde vormvereistes, het die klem verskuif van formalisme by verlyding van die testament na die bedoeling van die testateur wat na die dood bepaal word. Verskeie jurisdiksies het die formaliteitsvereistes verslap en in sommiges gevalle 'n reddingsboei in die vorm van 'n kondoneringsbevoegdheid van die howe verleen.
Nadat die probleem geïdentifiseer is, word moontlike oplossings oorweeg en tot die gevolgtrekking gekom dat die instelling van 'n notariële testament moontlik nie aanvaarbaar vir wetgewers is nie en dat in die alternatief 'n stelsel van registrasie van testamente oorweeg behoort te word. Uit die evaluasie blyk dit dat die vereenvoudiging van formaliteite en kondonering van nienakoming van formaliteitsvereistes tog meewerk tot die algemene voorkoms van en toename in gerapporteerde sake waarby ook bedrog ter sprake mag wees. Die verskoning van gebreke met die nakoming van formaliteitsvereistes het ontwikkel tot op die punt wat 'n "dokument" in enige vorm van skrif oogluikend gekondoneer word en daar met alle handtekeninge weggedoen kan word.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/1/EJC167061
2015-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error