1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Applying the in the case of incorporeals : two recent examples from case law

USD

 

Abstract

The is a remedy available in South African law to protect possession of property. The remedy is aimed at ensuring restoration of possession in instances of unlawful dispossession. It is not specifically aimed at protecting rights with regard to property; therefore it is generally accepted that courts should disregard the merits of the dispute when deciding whether the remedy should be granted. Considerations other than the remedy's two requirements are therefore irrelevant in the decision of whether the is applicable.


There are two requirements that need to be complied with in order for one to be successful with the . Firstly, the - the person who was dispossessed - must prove peaceful and undisturbed possession of property. In the case of incorporeals - where physical possession is not possible - the law recognises quasi-possession to fulfil the first requirement of the remedy. Van der Merwe explains that the does not have to prove that he/she actually had a right to possess in terms of the maxim , but simply that the right was actually possessed and that unlawful dispossession took place.


Hierdie artikel neem kwasi-besit van onliggaamlike sake, vir sover dit met die beskerm kan word, in oënskou. Twee onlangse hofuitsprake word vir die doel geanaliseer. In die -saak was die ter sprake in verband met die herstel van watertoevoer, terwyl die -saak betrekking het op die moontlike herstel van 'n reg van weg.
Die analise toon dat in beide hierdie uitsprake taamlike onortodokse benaderings gevolg is. Ten opsigte van die howe se fokus op die aard van die reg, word in die artikel aangevoer dat dit noodsaaklik is om eers vas te stel of die betrokke reg hoegenaamd beskerming ingevolge die remedie geniet. Dit lyk egter of die hof in die -saak 'n nuwe kategorie van regte onder die beskerming van die ingesluit het: waar bepaalde regte 'n publiekregtelike dimensie het, word dit klaarblyklik ook ingevolge die remedie beskerm. Dit is egter te betwyfel of die remedie hoegenaamd in hierdie omstandighede toepassing behoort te vind, veral gegewe die bestaan van wetgewing wat spesifiek hierdie deel van die reg reguleer. Waar wetgewing bestaan wat poog om 'n sekere deel van die reg te reguleer, behoort die remedies ingevolge die wetgewing eerste oorweeg te word voordat daar na remedies ingevolge die gemenereg gekyk word. Indien daar egter nie voldoende beskerming in die wetgewing is nie, is die gemenereg heel waarskynlik 'n meer gepaste opsie eerder as om nuwe (moontlik onsekere) grondwetlike remedies te skep.
Die artikel wys verder daarop dat beide beslissings problematies is vir sover daar nagelaat is om te bepaal of, volgens die eerste vereiste van die remedie, daar hoegenaamd kwasi-besit van die tersaaklike regte aanwesig was. Daarteenoor is albei beslissings besonder interessant omdat hulle aansienlike klem op die tweede vereiste van die remedie gelê het. Waar die besitsontneming deur wetgewing (soos in die -saak) of deur die gemenereg (soos in die -saak) gemagtig is, voldoen dit volgens die regspraak nie aan die tweede vereiste nie, want die ontneming is nie onregmatig nie.
Hierdie onlangse beslissings toon oortuigend aan dat ontwikkeling op die gebied van onliggaamlike sake en die toepassing van die deurlopend plaasvind. Dit is egter van deurslaggewende belang dat hierdie ontwikkeling deurentyd geanaliseer en heroorweeg word ten einde die volhoubaarheid en toepaslikheid daarvan te beoordeel.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/1/EJC167064
2015-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error