1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Lender liability and fault for deepening insolvency : a comparative analysis

USD

 

Abstract

The issue of how companies in a financially difficult position are to be financed is an important but delicate one. The approaching insolvency will undoubtedly require the directors to consider whether an extension to existing finance or new finance is an option. This consideration is fraught with danger, given that many of the responses directors might take, including asset disposals, payment of the most pressing demands, enhancing existing or granting further security in favour of creditors as well as entering into further funding obligations that may invite creditors to impose higher or greater than usual terms as a measure of the heightened risk of lending at the insolvency threshold, may well attract the use of transactional avoidance measures known to most insolvency systems. As an added peril, to continue trading while within sight of the moment of formal insolvency may also attract the application of wrongful or insolvent trading rules, also a feature of many developed legal systems. General misfeasance, of which the above may be particular illustrations, may also attract liability. The justification for the rules dealing with the avoidance of transactions, wrongful trading and misfeasance (more generally) is that continued trading and transacting may have a disadvantageous impact on the position of creditors overall. Thus, directors are to be encouraged to seek help at the earliest opportunity, by engaging turnaround, pre-insolvency and insolvency measures, whichever may be appropriate. Thus, they can avoid exposure to liability and the chances of litigation being brought by an insolvency office-holder keen to ensure that the estate is restored to the position it ought to have been in had these transactions not taken place.


Korporatiewe entiteite maak tradisioneel op twee tipes befondsing staat: ekwiteit en skuld, waarvan laasgenoemde neig om belangriker te wees. Die meeste skuld word opgeloop ingevolge kontraktuele reëlings met geldleners wat tipies met saaklike sekerheid gepaardgaan.
Aangesien hierdie ooreenkomste meestal onder die uiterste voorwaardes ("at arms-length") beding word, kom die kwessie van aanspreeklikheid slegs ter sprake in die geval van gewone kontrakbreuk. Dit is meestal die skuldenaar wat aanspreeklikheid sal opdoen, en wel vir sy versuim om die bedrag terug te betaal of ander verwante verpligtinge na te kom. Hoewel dit nie uitsonderlik is dat die skuldeiser ook vir verbrekings aanspreeklik gehou word nie, is dit meestal in die konteks van 'n dispuut oor die skuldeiser se reg om stappe ter afdwinging te neem of om aanspraak te maak op 'n reg ingevolge die kontrak. Van tyd tot tyd word die intrekking van krediet, gewoonlik in reaksie op die skuldenaar se versuim, ook bevraagteken, hoewel die meeste regstelsels aanvaar dat beperking van die skuldeiser se reg om dit te doen, kredietverskaffing in die algemeen kan benadeel. Dit is amper ongekend dat die wese van die transaksie, naamlik die feit dat geld voorgeskiet word, tersyde gestel word. Nogtans bestaan die siening in sommige jurisdiksies dat skuldeisers aanspreeklik moet wees vir die inhoud van die finansiële reëlings wat hul met die skuldenaar aangaan. Die argetipe van hierdie situasies is waar die skuldenaar, op aandrang van die skuldeiser, krediet opneem wat uit die aard daarvan buitensporig is of buite verhouding staan tot die skuldenaar se werklike behoeftes of sy vermoë om dit behoorlik aan te wend.
Die weerklanke van wat in die toksiese verbandkrisis in die VSA gebeur het, kan hierin gehoor word. In daardie jurisdiksies wat een of ander vorm van aanspreeklikheid van die skuldeisers erken, is dit dikwels die geval dat die aanspreeklikheid vestig tydens insolvensieverrigtinge waar die skuldenaar of skuldeiser se optrede 'n nadelige uitwerking op die posisie van ander skuldeisers gehad het. Inmenging in die bestuur, deelname aan bedrog of misleiding, asook die neem van sekuriteit of waarborge (in omstandighede wat tot voorkeure lei) word almal as regverdiging vir die oplê van sulke aanspreeklikheid gebruik. Die artikel fokus op twee jurisdiksies (die Franse en die Britse) met kontrasterende sienings oor die aanspreeklikheid van skuldeisers en vra die eenvoudige vraag of daar enige punte van ooreenstemming of konvergensie is wat 'n indikasie kan wees vir die daarstel van 'n gemeenskaplike reël oor aanspreeklikheid van skuldeisers.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/1/EJC167066
2015-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error