1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Die regsgeldigheid van verpligte arbitrasie by geskille oor die gebruik van verbode middels in sport : regspraak

USD

 

Abstract

(15-01-2015) â?? U 1110/14 Kart


Sport het gedurende die afgelope eeu ontwikkel in 'n enorme internasionale bedryf wat jaarliks nagenoeg R10 triljoen beloop (Andreff Globalisation of the Sports Economy (2008) 14). Maar dit is ook 'n bedryf wat waarskynlik meer as enige ander bedryf vandag verval in bykans eindelose skandale wat die integriteit en volhoubaarheid van sport in die algemeen in gedrang bring. Aantygings van korrupsie en wanbestuur op die hoogste vlakke van sport, wedstrydknoeiery, onwettige dobbelary, grootskaalse dwelmmisbruik en ernstige wangedrag op die speelveld en elders, is legio en wil maar net nie te ruste gelê word nie. Geen land of sportsoort is skynbaar immuun teen skande nie. Sport is weliswaar vandag op bykans alle vlakke onder beleg, maar wanneer die legitimiteit van instellings wat daargestel is om die integriteit van sport te beskerm, bevraagteken word, begin sport as bedryf werklik wankel en loop dit gevaar om van alle geloofwaardigheid ontbloot te word.
Dit is presies wat in die Duitse saak (OLG München (15-01-2015) - U 1110/14 Kart) gebeur het toe die Oberlandesgericht München voor 'n beslissing van die tribunaal vir arbitrasie in sport (TAS) te staan gekom het. (Die TAS staan in Engels bekend as die court of arbitration for sport (CAS), maar ek verkies die amptelike Franse titel tribunal arbitral du sport en afkorting TAS wat dan ook geredelik in Afrikaans vertaal as die tribunaal vir arbitrasie in sport.)

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/2/EJC169121
2015-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error