1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Challenges to the South African corporate leniency policy and cartel enforcement

USD

 

Abstract

This contribution will address leniency policies in competition law as a tool to detect, prosecute and deter cartel activity, with the focus on challenges to the corporate leniency policy of the South African competition commission.


Certain anti-competitive practices in the South African consumer market are regulated by the Competition Act, which came into effect on 1 September 1999. The purposes of the act are contained in section 2 thereof and includes to provide consumers with competitive prices and product choices. In brief, the Competition Act regulates horizontal and vertical restrictive practices, abuse of dominance and price discrimination as well as mergers and acquisitions.


Die voorkoming, opsporing en vervolging van kartelle is 'n prioriteit van mededingingsowerhede wêreldwyd gegewe die negatiewe impak wat sodanige bedrywighede het op pryse en keuse van produkte en die feit dat dit invoering in markte smoor. Weens die groot geheimhouding waarin kartelbedrywighede gehul is, is dit egter uit 'n afdwingingsoogpunt uiters moeilik om voldoende inligting te bekom op grond waarvan kartelle aan die kaak gestel kan word.
Die Wet op Mededinging 89 van 1998 bevat in artikel 4(1)(b) bepalings wat karteldeelname aan prysvasstelling, markverdeling en samespannende tenders verbied. Voor die inwerkingtreding van gemelde wet het Amerika, synde die bakermat van statutêre mededingingsreg, besef dat die verordening van wetgewing alleen nie genoeg is om kartelle die stryd aan te sê nie en dat daar bykomende maatreëls ter afdwinging nodig is ten einde die mededingingsowerhede in staat te stel om inligting oor kartelbedrywighede te bekom. Met hierdie doel voor oë is die konsep van 'n toegeeflikheidsbeleid in die Amerikaanse mededingingsreg ingelei en het dit gou guns gewen in die Europese Unie en ander mededingingsjurisdiksies wat ook sodanige toegeeflikheidsprogramme aangeneem het.
In 2004 het die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie die internasionale neiging gevolg en 'n toegeeflikheidsbeleid aangeneem, wat in 2008 hersien en verbeter is. Die geldigheid van hierdie beleid is egter onlangs bevraagteken in Agri Wire (Pty) Ltd v The Commissioner of the Competition Commission, welke saak uiteindelik voor die hoogste hof van appèl gedraai het. Die doel van hierdie bespreking is om die bestaansrede vir toegeeflikheidsprogramme in die mededingingsreg te ondersoek, aan te dui presies wat die omvang van die Suid-Afrikaanse mededingingskommissie se toegeeflikheidsbeleid is en aanslae teen die beleid te bespreek.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/2/EJC169129
2015-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error