1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Multiculturalism in private law in Europe

USD

 

Abstract

How is state law in European countries addressing the growing cultural diversity of the population? This subject seems appropriate for a South African audience. President Mandela referred to South Africa as a "rainbow nation". South Africa is a multicultural society from its origin, and legal pluralism does not appear to be such a problematic topic in this country as it is in Europe. Customary law is protected under section 211(3) of the Constitution of the Republic of South Africa, 1996, and different initiatives have been taken to accommodate the Muslim and Hindu communities in the recognition of their laws in family matters. A clear example is the South African Muslim Marriages Bill (2011), which sets out a statutory framework for the legal recognition of Muslim marriages and their consequences. This bill tries to reconcile the principles of Islamic family law with the values of the constitution. Indigenous land rights were equally recognized by the constitutional court. Furthermore, in this country, legal pluralism is the subject of impressive academic research and writing. I refer to the work of important scholars such as Bennett, Rautenbach, Bekker, Goolam, Du Plessis, Bakker, Van Niekerk, Prinsloo and others.


Weens die immigrasiegolwe in die onlangse verlede word die Europese samelewings gekonfronteer met bevolkingsgroepe uit ander regskulture. In die algemeen word aanvaar dat die regsorde met die kulturele diversiteit gekonfronteer word. Dit lei egter tot 'n bespreking oor die vraag tot hoe ver die regsorde aanpassings behoort te maak weens die "multikulturaliteit". Hierby kom fundamentele vrae aan die orde waarop geen pasklaar antwoorde klaarblyklik bestaan nie. In sommige lande soos Suid-Afrika is die multikulturaliteit grondwetlik veranker. Teen die agtergrond blyk dat in lande waar reeds grondwetlik vir die veelfassettigheid voorsiening gemaak word, in die algemeen met 'n groter mate van vanselfsprekendheid meer ruimte toegestaan word vir die belewing van die kulturele identiteit van die onderskeie samestellende bevolkingsdele as byvoorbeeld in lande soos Frankryk waar 'n ander inhoud aan die begrip "nasie" en "sekularisme" geheg word. In hierdie bydrae word nader ingegaan op hoe met die multikulturaliteit omgegaan word in die privaatreg met besondere verwysing na die posisie in België, Nederland en Frankryk.
Die invoering van 'n harde statutêr verankerde pluralisme is geen oplossing vir Europa nie. Daardie opsie vind geen steun in die samelewings nie en bowendien sou dit stuit teen wesenlike praktiese besware. In ieder geval is daardie weg reeds gesper deur 'n uitspraak van die Europese hof vir die regte van die mens waarkragtens 'n opdeling of versplintering van die samelewing in enige lidstaat langs religieuse of etniese grenslyne onaanvaarbaar bevind is. Ten slotte ontstaan die vraag of sodanige "oplossing" werklik positief sou bydra tot meer kohesie in die tersake gemeenskap. Die feitelike bestaan van één samelewing en één gemeenskap, veronderstel dat die lede daarvan met mekaar kan interageer, dit wil sê sowel met mekaar 'n gemoedelike gesprek kan voer oor daaglikse onbenullighede as ook ernstig met mekaar kan onderhandel met die oog op geldige ooreenkomste. Wanneer dit gedoen word in die besef dat die betrokkenes daarby aan dieselfde regsreëls gebonde is, bevestig dit ook hul gemeenskaplike identiteit. Aldus dra ook die privaatreg by tot die samebindingsgevoel in die samelewing en tot burgerskap.
Die privaatreg bied voldoende ruimte vir 'n "sagte" vorm van pluralisme. Dit is in 'n groot mate van aanvullende aard en die wilsoutonomie en die toenemende belang van ope norme laat aansienlik ruimte vir 'n "kulturele" invulling van die privaatregtelike verhoudings. Die toepassing van regsfigure uit andere regskulture in 'n Westerse juridiese omgewing is egter nie sonder risiko's nie. So bestaan die gevaar vir die regter om te oortree op gebiede wat nie tuishoort binne die regsorde nie en selfs vir die owerheidsregter taboe of verbode terrein is. Die rigsnoer wat gevolg behoort te word, is om vooraf te bepaal of die geskil besleg kan word aan die hand van neutrale konsepte soos "kontrak" en "eiendom". Die risiko bestaan ook dat die toepassing van 'n bepaalde regsfiguur uit 'n andere regskultuur in 'n Westerse juridiese omgewing tot gevolg het dat daardie regsfiguur geweld aangedoen word. Dit is daarom die taak van die regter om sodanige vreemde regskultuur ernstig op te neem om die juiste draagwydte daarvan tot sy reg te laat kom. Ten slotte mag nie uit die oog verloor word nie dat ook so 'n "sagte" pluralisme steeds teen die agtergrond moet plaasvind van die staatlike reg wat 'n waarborg bied van gelykheid tussen die burgers, die beskerming van die swakkeres en ook die handhawing van demokratiese legitimiteit.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/2/EJC169134
2015-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error