1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Legal Terminology: Criminal Law, Procedure and Evidence / Regsterminologie: Straf-, Strafproses- en Bewysreg, M.W. Prinsloo, M. Alberts en N. Mollema : boekbespreking

USD

 

Abstract

Die destydse gebeure by Babel ( 11:1-9) het ook hier te lande 'n nadraai gehad deur die erkenning van elf amptelike tale in artikel 6(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (die grondwet). Indien daarby ook ingereken word dat Suid-Afrika 'n gesogte bestemming geword het vir vele besoekers uit verskeie wêrelddele wat ywerig meeding om 'n porsie van die immergroeiend en lonende misdaadmark, moet howe in veral die groter stedelike gebiede dikwels 'n mengelmoes van tale akkommodeer. As deel van die reg op 'n billike verhoor verleen die grondwet aan elke beskuldigde persoon dan ook die reg "om verhoor te word in 'n taal wat die beskuldigde verstaan of, indien dit nie doenlik is nie, dat die verrigtinge in daardie taal getolk word" (a 35(3)()). Dit verg nie veel verbeeldingskrag om die wanhopige posisie in te dink van die beskuldigde persoon wat tereg staan in 'n hof waar geeneen van die rolspelers haar taal magtig is nie en die hoftolk eweneens twyfelagtig en al stotterend oorkom in die vertolking van die verrigtinge. Aan die keersy staan die voorsittende beampte wat as feitebeoordelaar uit dié geroesemoes 'n oordeel moet vel. Dit behoef daarom weinig betoog dat enige poging om hofverrigtinge sinvol aan beskuldigde persone in hul moedertaal oor te tolk, uiters welkom is. Benewens enige ander bestaande inhoudelike meriete is hierdie bydrae deur Prinsloo, Alberts en Mollema om dié rede alleen van onskatbare waarde as hulpmiddel om hofverrigtinge in verstaanbare terme aan hoftolke en uiteindelik aan beskuldigde persone oor te dra.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/3/EJC173601
2015-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error