1887

n Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Reg - Default matrimonial property regimes and the principles of European family law - a European-South African comparison (part 2)

USD

 

Abstract

As in Europe, prospective spouses in South Africa have wide-ranging party autonomy and they may select the matrimonial property system they would like to make applicable to their marriage by entering into an antenuptial contract before their marriage. If they do not exercise this freedom of contract, the default matrimonial property system of universal community of property will apply to their marriage. There is, in fact, a rebuttable presumption that when a couple enters into a civil marriage the pair is marrying in community of property. Community of property is therefore referred to as the primary matrimonial property system of South Africa. If prospective spouses do enter into an antenuptial contract to exclude community of property, section 2 of the Matrimonial Property Act 88 of 1984 makes provision for the accrual system almost as a second default matrimonial property system. Spouses do not even need to state in their antenuptial contract that they would like to get married with the accrual system, as all marriages concluded out of community of property since the coming into operation of the Matrimonial Property Act on 1 November 1984 are subject to the accrual system, unless the parties expressly exclude this system. The accrual system can therefore be regarded as the secondary matrimonial property system in South Africa. Both these systems will be scrutinised as regards their operation firstly upon conclusion of the marriage and secondly upon dissolution through divorce. Attention will also be paid to specific problems experienced with these two systems in practice and certain areas of uncertainty.


Hierdie artikel verskaf 'n tipologie van die Europese verstekhuweliksgoederebedelings en bespreek die beginsels van die huweliksgoederereg vanuit 'n Europees-Suid-Afrikaanse perspektief.
Deel 1 begin met 'n breë agtergrondbespreking van die verskillende Europese verstekstelsels, synde die gemeenskapstelsels wat veral voorkom in die tradisioneel Romeinse regstelsels (insluitende België, Frankryk, Luxembourg, Portugal, Italië, Spanje en Nederland), die aanwinstestelsels wat geld in Noorweegse en Germaanse regstelsels (insluitende Oostenryk, Duitsland, Switserland en Griekeland) en die skeidingstelsels wat aanwending vind in sekere streke in Spanje.
Daarna word die Kommissie op Europese Familiereg se beginsels aangaande die twee hoof Europese verstekstelsels, te wete deelname in aanwinste en gemeenskap van aanwinste, in meer besonderhede bespreek. Hierdie beginsels volg die gemeenskaplike kern van die tersaaklike beginsels van die verskillende Europese regstelsels en by gebreke aan so 'n gemeenskaplike kern, die mees aangewese regsbenadering.
By die stelsel van deelname in aanwinste word verder onderskei tussen stelsels wat 'n onderskeid tref tussen twee kategorieë van eiendom, naamlik eksklusiewe eiendom en gemeenskaplike eiendom, en stelsels wat slegs voorsiening maak vir 'n monetêre eis by die ontbinding van die huwelik. Onder die stelsel van deelname in aanwinste tel ook die Anglo-gemeneregstelsels waar nie regtig sprake is van 'n verstekhuweliksgoederebedeling nie, maar wel voorsiening gemaak word vir 'n regterlike diskresie om bates by egskeiding op 'n billike wyse tussen die partye te verdeel. By die stelsel van deelname in aanwinste ontstaan daar dus as't ware 'n uitgestelde gemeenskap van goed by ontbinding van die huwelik deur egskeiding.
By die stelsel van gemeenskap van aanwinste bestaan daar by alle Europese regstelsels drie vermoënsregtelike entiteite, naamlik die persoonlike eiendom van elke gade en die gemeenskaplike eiendom. Dit is belangrik om daarop te let dat met uitsondering van die posisie in Nederland, die gemeenskap van goed 'n beperkte gemeenskap is in die sin dat slegs die bates en laste wat gedurende die bestaan van die huwelik verkry of aangegaan is deel uitmaak van die gemeenskaplike eiendom wat by egskeiding gelykop tussen die partye verdeel moet word. Daar bestaan gevolglik in die reël 'n veel groter poel van persoonlike bates en laste vir elke gade.
In deel 2 word die Suid-Afrikaanse verstekhuweliksgoederebedeling van algehele gemeenskap van goed en die aanwasbedeling as 'n soort tweede verstekstelsel ondersoek met klem op die probleemareas waar ons stelsels moontlik hersiening benodig.
By die huwelik binne gemeenskap van goed word ondersoek ingestel of ons universele gemeenskap moontlik te omvattend is. Verder word aandag geskenk aan probleme rondom die aanwendingsveld van artikel 19 van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984, die hantering van voorhuwelikse kontraktuele skulde na die ontbinding van die gemeenskaplike boedel, die administrasie van die gemeenskaplike boedel met klem op die beskermingsmeganismes tussen gades onderling by die aangaan van transaksies sonder die nodige toestemming, die uitstel van die verdeling van die gemeenskaplike boedel tot 'n datum na egskeiding, die effek van 'n egskeidingsbevel op gades se gebonde mede-eiendomsreg ten opsigte van bates van die voormalige gemeenskaplike boedel en die billikheid van 'n streng afdwinging van gemeenskap van goed by egskeiding.
By die aanwasbedeling word onder andere gekyk na probleme aangaande die inkonsekwente hantering van bates wat uitgeslote bates vervang, die moontlike hantering van toevallige meevallers (soos prysgeld) as uitgeslote bates, die uitstel en afsonderlike hantering van gades se aanwaseise by egskeiding, die beskerming van 'n gade se reg om by die ontbinding van die huwelik in die ander gade se aanwas te deel en die billikheid van 'n streng afdwinging van die aanwasbedeling by egskeiding.
Daarna volg 'n vergelyking tussen die Europese stelsels en die Suid-Afrikaanse stelsels met die doel om moontlike oplossings vir die tersaaklike probleemareas te identifiseer en ander voorstelle ter verbetering van ons stelsel te maak. Aangesien die regsvergelykende metode ons in staat stel om te leer uit die ervaring in buitelandse jurisdiksies kan dit tot vernuwing, ontwikkeling en verbetering van die Suid-Afrikaanse stelsel lei. Daar bestaan trouens geen rede waarom die Kommissie op Europese Familiereg se beginsels as 'n bron van inspirasie vir toekomstige huweliksgoedereregshervorming tot Europa beperk moet word nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/ju_tsar/2015/3/EJC173610
2015-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error