1887

n Journal for Juridical Science - The : debt counselling may prove to be a risky enterprise

USD

 

Abstract

Debt counselling, and debt counsellors, have been introduced in the . The Act assists consumers in controlling debt, but the viability for an individual to register as a debt counsellor is questioned. The requirements (and exclusions) to qualify as debt counsellors, their necessity in identifying reckless lending transactions and their functions in the processes of debt review and debt rearrangement are discussed. Certain categories of persons who may normally incorporate debt counselling as part of their practices and who do not qualify in terms of the Act, is indicated. Debt counsellors' responsibilities and accompanying risks, at a prescribed fee tariff, are indicated when the debt review processes, from applications by consumers who are not over-indebted, voluntary and involuntary debt rearrangement, until the issuing of clearance certificates, are assessed. An inevitable deduction is that practice as a debt counsellor may be impossible when the financial layout required is assessed. Individuals who, due to their training and experience in the positions they hold, would have been well placed to practice as debt counsellors is shown to be unable to practice as such in terms of the Act. These individuals will be compelled to establish private enterprises to enable them to practice as debt counsellors, which will be impossible at the current prescribed fee tariff.


Skuldberading en skuldberaders is in die (die Wet) bekend gestel. Die Wet sal daarin slaag om verbruikers te help met skuldbeheer, maar die lewensvatbaarheid vir 'n individu om as skuldberader te registreer word bevraagteken. Die vereistes (en uitsluitings) om as skuldberader te kwalifiseer, hul noodsaaklikheid in die identifisering van roekelose uitleentransaksies en hul funksies in die prosesse van skuldhersiening en -reorganisasie word bespreek. Sekere kategorieë van persone wat normaalweg skuldberading as deel van bestaande praktyke sou kon inkorporeer en nie ingevolge die Wet kwalifiseer nie, word aangedui. Die skuldberader se verskeie take en meegaande risiko's, teen 'n voorgeskrewe vergoedingstarief, word uitgelig wanneer die skuldhersieningsprosesse, vanaf die die aansoeke deur verbruikers wat nie oorbelaai is nie en vrywillige en onvrywillige skuld herorganisasie, tot en met die uitreiking van klaringsertifikate, ondersoek word. 'n Ondersoek na die finansiële uitlegkoste van 'n skuldberader, teen die vergoedingstarief, het die noodwendige gevolg aangedui dat dit onmoontlik mag wees om as sodanig te praktiseer. Individue wat goed geplaas sou wees om as skuldberaders te praktiseer vanweë opleiding en ondervinding opgedoen in die betrekkings wat hul beklee, sal nie as sodanig kan optree ingevolge die Wet nie. Sodanige individue sal dus genoop word om private ondernemings op die been te bring om as skuldberaders te praktiseer, wat teen die huidige vergoedingstarief onmoontlik sal wees.

Loading

Article metrics loading...

/content/juridic/32/2/EJC55587
2007-12-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error