
Full text loading...
Verindividualisering van mense kan straks as een van die sterkste kenmerke van die een-en-twintigste-eeuse samelewing beskou word. Verbondenheid aan 'n spesifieke groep is besig om in onguns te raak. Elke mens word gesien as 'n enkeling op sy eie, met groot klem op individuele regte en individuele prestasie. In die plek van groepsgebondenheid word individue bloot deel van 'n groot massa. Die uiteinde is 'n samelewing van identiteitlose enkelinge in 'n massa.
Article metrics loading...