
Full text loading...
Die onderwerp gaan oor "gesag" en "meerdere vergaderings". Gesag is die reg om vir 'n ander te sê, te beveel. In die GKSA is "meerdere vergaderings" klassisse, partikuliere en nasionale sinodes - almal "sinodes" waar permanente kerkrade deurdat "geloofsbriewe" aan afgevaardigdes uitgereik word, volgens 'n akkoord tydelik saamkom om oor gemeenskaplike sake volgens afgesproke norme saam te besluit. As die samekoms verby is, is daar geen sinode meer nie. Die geloofsbrief bepaal as norme dat afgevaardigdes volgens Skrif, Belydenis en Kerkorde (norme) sal besluit in welke geval die kerkraad die besluit sal nakom. Die pretensie is dus dat die "gesag" in die norme en nie in die struktuur setel nie.
Article metrics loading...