
Full text loading...
Einde Oktober is Hervormingstyd. Dit is tyd vir die gereformeerde kerke om weer terug te dink aan die groot kerklike hervorming wat deur Maarten Luther op 31 Oktober 1516 in Duitsland begin is en verder deur Johannes Calvyn uitgebou is. Dit is tyd om aan ons wortels terug te dink en oor ons bestaan te besin. Besinning is altyd nodig, veral in 'n tyd van verwarring soos dié waarin die kerk vandag sy roeping moet uitlewe. Want ironies genoeg is hierdie inligtingseeu waarin ons ons bevind, 'n eeu van buitengewoon groot verwarring.
Article metrics loading...