
Full text loading...
Die Gereformeerde tradisie gaan basies daarvan uit dat die gesagvolle teks van die Bybel die teks in die oorspronklike tale is. Ons het natuurlik nie meer die oorspronklike teks soos dit geskryf is nie, maar alleen afskrifte daarvan. Die Ou Testament is oorspronklik in Hebreeus geskryf, met enkele dele in Aramees. Die Aramese dele sluit in Daniël 2:4 tot die einde van Daniël, gedeeltes van Esra en enkele woorde of frases in Genesis en Jeremia.
Article metrics loading...