
Full text loading...
In 'n tyd toe grensmure tussen kerke en rasse in ons land nog baie hoog was, het die merkwaardige verhaal van Studietrust begin. Andries Kruger, destyds predikant van die Gereformeerde Kerk Johannesburg-Wes (Brixton), en Jan Hofmeyr, jeugleraar van die NG Kerk in Afrika, het saam met 'n aantal medewerkers vanuit Johannesburg en Soweto in 1973 reeds begin om ernstig te besin oor die probleme van veral behoeftige swart skoliere en studente.
Article metrics loading...