
Full text loading...
By die afsluiting van 'n ou bedeling en aan die begin van 'n deursigtige nuwe openbaringstydperk was daar herders en engele in die veldomgewing van Betlehem. Daar word min gesê van die herders. Hulle getal, hulle name, of hulle slawe huurders of eienaars was, word nie vir ons vertel nie. Daar word selfs nie gesê of hulle gelowiges of ongelowiges was nie. Hulle was gewone herders wat in die veld saam met hulle skape gelewe het. Bedags op soek na die beste weiveld en snags onder die ontblote hemel wat hulle met hulle opmerksame oë uitgemeet het. Tot sover is alles menslik normaal.
Article metrics loading...