
Full text loading...
As ek 'n groter dankie kon gee, sou ek. Dit gaan aan almal wat bewus was van my hartaanval en die daaropvolgende operasie. Die Here het 'n spesiale afspraak met my gehad op 6 September vanjaar, wat my en my gesin se lewe ingrypend geraak het. Maar sy ingryping was ook aangrypend. Ons kon werklik beleef hoe Hy ons dra en die vrede wat alle verstand te bowe gaan, geskenk het. Dit het ook gekom deur almal se gebede, oproepe, "sms"-e, en besoeke. Daarom 'n opregte dankie uit my hart (al herstel hy nog).
Article metrics loading...