
Full text loading...
Daar is vandag veral twee groot Bybelprogramme wat baie deur predikante gebruik word: BibleWorks en Libronix. In hierdie artikel wil ek BibleWorks aan u bekendstel. Die spreekwoord lui: Onbekend maak onbemind. Ek is seker dat die omgekeerde ook waar is in hierdie geval: dat bekendheid met BibleWorks die program by u besonder bemind sal maak. Oogmerke: kragtigheid, eenvoud en spoed In hulle brosjure sê die programmeerders wat hulle oogmerke met die program was: kragtigheid, eenvoud en spoed. Daarin het hulle uitmuntend geslaag.
Article metrics loading...