
Full text loading...
Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se nuwe Bybelhuis in Edwardstraat 134, Bellville is op Donderdag 17 Augustus 2006 amptelik geopen en in gebruik geneem. Hierdie gebou huisves die nasionale hoofkantoor asook die Wes-Kaap Streekkantoor. Die verhuising na 185 jaar uit die middestad van Kaapstad na 'n kleiner, goedkoper gebou vorm deel van die Bybelgenootskap se strategie om koste-effektief te wees en soveel moontlik van beskikbare fondse aan te wend om meer Bybels beskikbaar te kan stel.
Article metrics loading...