
Full text loading...
Sedert die Kerkhervorming van die 16de eeu word dit as een van die kenmerke van 'n gereformeerde kerk beskou dat dit altyd reformerend sal wees, of dan "semper reformanda" soos dit in Latyn, die kerktaal van daardie tyd, bekendgestaan het. Dit is tipies van gereformeerde kerke dat Kerkhervorming of Reformasie nie slegs 'n dankbare herinnering aan 'n mooi, maar verre verlede is nie, maar 'n voortgaande proses wat konstant deel van die kerk se agenda is.
Article metrics loading...