
Full text loading...
Suid-Afrika is 'n regstaat. In 'n regstaat moet alle owerheidshandelinge en regeringsoptredes berus op die gesag en magtiging van die Grondwet en al die ander wette van die land. Die Grondwet en al ons wette is op sigself niks anders as dooie letters op papier nie. Hulle verkry eers regskrag as hulle nageleef word. Regsnalewing geskied daagliks op miljoene der miljoene maniere. Om by 'n stopstaat stil te hou, om 'n belastingopgaaf in te vul, om 'n TV-lisensie te hernieu, is almal vorme van regsnalewing. Die maak van wette, uitreiking van regulasies, nakoming van ouditvoorskrifte, is ook almal voorbeelde van daaglikse regsnalewing deur die parlement en die regering.
Article metrics loading...