
Full text loading...
Geagte gelowige van die Gereformeerde Kerke-verband, toe jy in jou tienerjare belydenis van jou geloof gedoen het, het jy beloof dat jy jou "gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede en tot uitbouing van die koninkryk van God" sal aanwend (Formulier vir die aflegging van belydenis van geloof, artikel 5). Boonop bely jy vanuit die Heidelbergse Kategismus Sondag 21 dat jy onder die gemeenskap van die heiliges verstaan dat jy verplig is om jou gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede aan te wend (v/a 55).
Article metrics loading...