
Full text loading...
Sy het dit waarskynlik nie geskryf nie, maar die boodskap van protes in die klein dogtertjie se hande het getref: "Is ek die volgende een?" Dit is nie moeilik om bewyse aan te haal dat gewelddadige misdaad in Suid-Afrika ontstellend en katastrofies toegeneem het nie. Net twee dae se nuusgebeure kleur die moedeloosheid en ontsteltenis onder alle bevolkingsgroepe in rooi in: Onderwyseres voor klas doodgeskiet; boer dood gemartel; man pleeg moord vir 'n selfoon. Die meeste families kan van die ingrypende gevolge van misdaad getuig. Vyftien jaar gelede was dit skaars, maar vandag kan verskeie predikante van die telefoonoproep vertel: "Dominee, my seun is in 'n kaping geskiet."
Article metrics loading...