
Full text loading...
Die kerkraad van die Geref. Kerk Rustenburg het op 5 Augustus 2007 saam met deputate van Klassis Rustenburg vergader, en verklaar hiermee dat dr. Johannes Smit behoorlik volgens die formulier wat daarvoor vasgestel is, as bedienaar van die Woord in hierdie kerk bevestig is, en dat die daarby behorende stukke onderteken is. Ons bede is dat die Drie-enige Verbondsgod hierdie broeder tot 'n groot seën sal maak in die diens waarin Hy hom gestel het.
Article metrics loading...