
Full text loading...
Om die minste daarvan te sê, sou 'n mens hierdie nuwe boek van pous Benediktus XVI as "merkwaardig" kan bestempel. Die merkwaardige lê daarin dat die Man in die Vatikaan as 't ware agter die beskermende mure van sy ampsposisie binne die Rooms-Katolieke Kerk uitkom om homself op die veld van die sogenaamde histories-kritiese Bybelwetenskap te waag - sonder om vir homself 'n bevoorregte posisie op te eis. Daarmee stel hy homself ook bloot aan die spervuur van menings in 'n openbare gesprek, met al die kritiek en teenkritiek wat so eie daaraan is. "Dit is nie nodig om gesê te word dat hierdie boek geensins 'n oefening van die leergesag is nie, maar dat dit uitsluitlik 'n uitdrukking van my persoonlike soeke 'na die aangesig van die Here' (vgl. Ps 27:8) is. Dit staan elkeen dus vry om my te weerspreek ..."
Article metrics loading...