1887

n Die Kerkblad - Die redakteur gesels met ... Prof. Hans Maris

This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

Johannes Willem Maris (gebore in 1941) is sedert 1993 professor in Dogmatiek aan die Teologiese Universiteit van die Christelik Gereformeerde Kerke in Nederland (CGKN), te Apeldoorn. Voor dit was hy 25 jaar lank predikant, eers in die gemeente van Vlissingen (1967-1975) en Hilversum (1975-1993). In Hilversum was hy ook die predikant van prof. Bert Floor, wat tans nog as emerituspredikant aan dié gemeente verbonde is.


Sy bemoeienis met Suid-Afrika het 'n lang geskiedenis. Deur middel van die sendingdeputate van die CGK was hy vir baie jare intensief betrokke by sendingwerk in Venda en KwaNdebele. Ds. Edward Netshitangani het vir hom 'n dierbare vriend geword. Hy het op hierdie manier ook die probleme leer ken wat die Doppers met hulle interne kerklike verhoudinge ondervind het, en het waargeneem dat die mooi struktuur van die Algemene Sinode meer teorie as praktyk was. As lid van die Deputate vir Korrespondensie met Buitelandse Kerke het hy verskeie kere (1991, 1994 en 2006) die Sinode van Potchefstroom besoek, en was hy intensief by samesprekings betrokke. As broeder tussen broeders het hy wel uiting gegee aan sy hartseer dat dit soms geblyk het dat hy as buitelander die swart broeders en susters van die Gereformeerdes in Afrika beter ken as hulleself.

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/110/3207/EJC57626
2008-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error