- Home
- A-Z Publications
- Die Kerkblad
- Previous Issues
- Volume 110, Issue 3213, 2008
Die Kerkblad - Volume 110, Issue 3213, July 2008
Volumes & issues
-
Volume 120 (2018)
-
Volume 119 ([2017, 2018])
-
Volume 119 ([2017, 2018])
-
Volume 118 ([2017, 2015, 2016])
-
Volume 118 ([2017, 2015, 2016])
-
Volume 118 ([2017, 2015, 2016])
-
Volume 117 ([2014, 2015])
-
Volume 117 ([2014, 2015])
-
Volume 116 ([2014, 2013])
-
Volume 116 ([2014, 2013])
-
Volume 115 ([2012, 2013])
-
Volume 115 ([2012, 2013])
-
Volume 114 ([2011, 2012])
-
Volume 114 ([2011, 2012])
-
Volume 113 ([2011, 2010])
-
Volume 113 ([2011, 2010])
-
Volume 112 ([2009, 2010])
-
Volume 112 ([2009, 2010])
-
Volume 111 (2009)
-
Volume 110 ([2007, 2008])
-
Volume 110 ([2007, 2008])
-
Volume 109 ([2006, 2007])
-
Volume 109 ([2006, 2007])
-
Volume 108 ([2005, 2006])
-
Volume 108 ([2005, 2006])
-
Volume 107 ([2005, 2004])
-
Volume 107 ([2005, 2004])
-
Volume 106 ([2003, 2004])
-
Volume 106 ([2003, 2004])
-
Volume 105 ([2003, 2002])
-
Volume 105 ([2003, 2002])
Volume 110, Issue 3213, July 2008
-
Die kruisiging van die leuenaar en die opstanding van die waarheidspreker : uit die woord
Author A.H. (Attie) BogaardsSource: Die Kerkblad 110, pp 4 –5 (2008)More LessAan die hand van die Skrif en ons mooi Kategismus, wat die Skrif naspreek, wil ek met u stilstaan by die negende gebod: "Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie." Ek wil egter nie ingaan op verskillende voorbeelde van oortreding van hierdie gebod nie.
-
Hier beneden is het niet? : redaksioneel
Source: Die Kerkblad 110 (2008)More LessDie kerkgeskiedenis leer ons dat Christene en die Christelike kerk dikwels in uiterstes verval. So is daar diegene wat klem lê op die aardse Roeping van die mens (soms aktiviste genoem), terwyl ander weer aandag vra vir die hemelse bestemming (soms kwiëtiste genoem). Daar is die bekende uitspraak vervul jou roeping (in die tyd van premier John Vorster ook nog politiek gelade), maar ook die uitroep, veral in swaar tye: Hier beneden is het niet (Van Lodensteyn).
-
Nelson Mandela 90 : hoofartikel
Source: Die Kerkblad 110, pp 7 –8 (2008)More LessOp 18 Julie word een van die bekendste Suid-Afrikaners - en volgens sommige dié bekendste - negentig: oudstaatspresident Nelson Mandela. Hy is sonder twyfel 'n merkwaardige mens, want iemand wat ná 'n gevangenisstraf van 27 jaar nog versoenend na sy opponente kan uitreik, moet uitsonderlik wees.
-
Die vreemdelinge in ons poorte : brandpunt
Author P.P. (Paul) KrugerSource: Die Kerkblad 110, pp 9 –11 (2008)More LessSedert Mei vanjaar was dit skielik 'n krisis - die groot aantal buitelanders in ons midde (wettig en onwettig) en die gewelddadige reaksie daarop. Sedertdien is daar baie geskryf oor die probleem, onder andere in die vorige uitgawe van Die Kerkblad, waar die redakteur in sy hoofartikel duidelike lyne uit die Skrif getrek het. In buitelandse persberigte is die uitbarsting van geweld getipeer as die einde van die reënboog, verwysende na die droom wat baie ná 1994 gekoester het van 'n reënboognasie in Suid-Afrika, waar verskillende volke in harmonie naas mekaar woon.
-
Die redakteur gesels met ... prof. Jochem Douma : redakteursgesprek
Source: Die Kerkblad 110, pp 12 –16 (2008)More LessJochem Douma, gebore op 23 November 1931, het teologie in Kampen (Theologische Universiteit, Broederweg) en Amsterdam (Gemeentelijke Universiteit) gestudeer. Hy het in 1966 te Kampen gepromoveer met die onderwerp Algemene genade, waarin hy die standpunte van Calvyn, Kuyper en Schilder vergelyk het.
-
"Beloof u ...?" : om te onderrig en te laat onderrig : fokusartikel
Author O.J. (Ockie) StruwigSource: Die Kerkblad 110, pp 18 –19 (2008)More LessHierdie baie bekende woorde is nie 'n Bybelvers nie, maar 'n sinsnede uit die formulier van die kinderdoop. En daarom handel hierdie kort artikel in die besonder oor die doopbelofte van verbondsouers wanneer hulle kinders gedoop word.
-
"Ek beloof ..." : oor die aflegging van belydenis van geloof : fokusartikel
Source: Die Kerkblad 110, pp 20 –21 (2008)More LessVan watter kind sou jy graag die ouer wou wees daardie dag wanneer jou kind sy / haar geloof hardop voor God en gemeente bely? Ek dink ons sal almal saamstem dat Braam 'n ouer se hart met trots sal vul. Sy gedagtes klink so eg, so reg gefokus.
-
"Wat is hierop jou antwoord?" : oor die beloftes van ouderlinge en diakens : fokusartikel
Author P.W. (Pieter) KurpershoekSource: Die Kerkblad 110, pp 22 –23 (2008)More LessSondagoggend het my onkant betrap. Ek het nog skaars gesit, toe wys Sussie vir my: "Kyk, Pappa se naam is hier in die Middemee! Pappa gaan ouderling word!" En ja, daar staan dit ... lewensgroot ... br. Ouderling Onseker, br. Diaken Twyfelaar ... ter approbasie.
-
"Beloof u ...?" : oor die beloftes van bedienaars van die Woord : fokusartikel
Author J. (Johannes) SmitSource: Die Kerkblad 110, pp 24 –27 (2008)More LessDie beloftes van predikante en professore is wesenlik dieselfde en het wedersyds betrekking. Hier word gebruik gemaak van die Formulier vir die Bevestiging van Bedienaars van die Woord.
-
"Ja, ek beloof ..." : die reikwydte van die huweliksbelofte : fokusartikel
Authors: Cassie Venter and Mariana VenterSource: Die Kerkblad 110, pp 26 –27 (2008)More Less'n Gelowige man en vrou wat met mekaar trou, beloof egter voor God om hom / haar nooit te verlaat nie. Tog is hofrolle vol van egskeidingsake van mense wat as gelowiges getrou het, nog steeds gelowiges is, maar van mekaar skei.
-
"Ons belowe" : oor die nuwe voorgestelde eed van skoolleerlinge : fokusartikel
Author D.J. (Danie) De KockSource: Die Kerkblad 110, pp 28 –29 (2008)More LessOor die veelbesproke voorgestelde eed van getrouheid deur die skoolleerlinge van ons land is al baie menings gelug. Sommige mense dink dit is 'n goeie gedagte terwyl ander weer baie negatief daarteenoor staan. Hierdie is in ieder geval nie die eerste poging ten opsigte van so 'n voorstel nie.
-
"So help my God ..." : oor die eed van die staatspresident en ministers : fokusartikel
Author Marinus WiechersSource: Die Kerkblad 110, pp 30 –31 (2008)More LessDie aflegging van 'n eed by die formele aanvaarding van 'n hoë staatsamp berus op eeue-oue tradisies. Gewoonlik word so 'n eedaflegging seremonieel as deel van die inhuldiging gedoen, sonder om die werklike diepte en omvang daarvan te besef en daaroor te besin, veral vanuit 'n Christelike oogpunt. In die lig van die voorgestelde skole-eed is dit sekerlik gewens om ook na die amptelike eedaflegging te kyk.
-
"Die volle waarheid en niks anders as die waarheid nie. So help my God." : die eed in die regspleging : fokusartikel
Author Kees Van DijkhorstSource: Die Kerkblad 110, pp 32 –34 (2008)More LessDie regspleging is die terrein waarop die eed die meeste vereis word en die meeste misbruik word. Dit word dikwels ondeurdag vereis en onnadenkend afgelê.
-
Mediese gedragskode vir dokters : fokusartikel
Author Carien Lion-CachetSource: Die Kerkblad 110, pp 35 –37 (2008)More LessHoe belangrik is 'n mediese gedragskode vir dokters?
'n Mediese gedragskode is noodsaaklik, veral in Suid-Afrika. Geskiedkundig het die mediese beroep nie 'n goeie etiese rekord in ons land nie. Die medici is maar alte bewus van hierdie tekortkoming. Daarom is 'n internasionale konferensie oor etiek in Suid-Afrika in 2000 gereël. Benatar het met die opening gesê: "While the ability to do good science gets better and better, little effort has been made attaining ethical excellence."
-
Bloedrivier : gelofte, belofte of eedswering? : fokusartikel
Author G.J.C. (Gert) JordaanSource: Die Kerkblad 110, pp 38 –39 (2008)More LessDie gelofte van 16 Desember word soms bestempel as 'n kollektiewe eed in ons volk se geskiedenis. Kon ons voorouers by Bloedrivier werklik 'n eed aflê wat hulle nageslag aan so 'n onderneming bind? word dikwels gevra. Saam met die vraag kom gewoonlik die suggestie dat so 'n eed ongeldig was en dat ons daarom nie verplig is om dit na te kom nie.
Miskien moet ons die vraag, in die lig van die tema van hierdie uitgawe van Die Kerkblad, anders stel: Het ons voorouers by Bloedrivier met die gelofte werklik 'n eed afgelê?
-
Die Noordwes-Universiteit, evolusie en dialoog : diskussie
Author C.J. (Carools) ReineckeSource: Die Kerkblad 110, pp 40 –41 (2008)More LessVan tyd tot tyd publiseer Die Kerkblad artikels of kommentaar oor evolusie. Dit is belangrik dat dit gedoen word, omdat evolusie steeds 'n kontroversiële onderwerp is en nog vir lank so sal bly. Twee onlangse briewe in Die Kerkblad het weereens sienings oor evolusie gegee, waarmee meeste bioloë waarskynlik sterk sal verskil, en waarop kommentaar nodig is.
-
Is natuurwetenskaplike bevindings in stryd met Genesis 1 en 2? : diskussie
Author Pieter H. StokerSource: Die Kerkblad 110, pp 42 –43 (2008)More LessNatuurwetenskappe is nie neutraal, objektief en onbevooroordeeld nie, maar is altyd in 'n bepaalde wêreldbeskouing gefundeer. Vandag is dit die evolusiegeloof wat in hierdie fundering 'n sentrale rol speel. Hierdeur wil die natuurwetenskappe ook 'n verklaring gee waar alles vandaan kom.
-
Vyandskap tussen evolusieleer en die Bybel : werklikheid of mensgemaak? : diskussie
Author Michael CheekSource: Die Kerkblad 110, pp 44 –45 (2008)More LessDie evolusieleer is 'n verklaring van hoe die verskillende plant- en diergroepe ontstaan het en in die ekologie geïntegreer is. Dit is nie sonder aannames of oneffenhede nie, maar dit word algemeen aanvaar, want dit is die beste teorie wat daar is, in dié sin dat dit die meeste waarnemings verklaar en in 'n wetenskaplik sinvolle eenheid integreer.
-
Voorlegging aan parlementêre portefeuljekomitee oor voorgestelde eed in skole : van oraloor
Author Cassie AucampSource: Die Kerkblad 110, pp 46 –47 (2008)More LessOns maak met groot vrymoedigheid gebruik van die Minister se uitnodiging aan die publiek om voorleggings aan u komitee te doen in verband met die voorgestelde eed in Suid-Afrikaanse skole. Ons spreek ons dank uit teenoor die Minister dat sy die tydperk vir voorleggings verleng het tot 15 Mei. Ons lei daaruit af dat die Minister hierdie aangeleentheid as van groot openbare belang beskou.
-
Boek oor diere van die Wildtuin : van oraloor
Author Lourens AucampSource: Die Kerkblad 110 (2008)More Less'n Pragboek oor diere van die Wildtuin, getitel "Vleis om die gestalte - Herkoutjies uit die Wildtuin", het onlangs uit die pen van ds. Lourens Aucamp (emerituspredikant van Cullinan, tans van Bronkhorstspruit) verskyn. Ds. Aucamp is 'n geregistreerde toergids en neem gereeld toergroepe na die Kruger Wildtuin.