1887

n Die Kerkblad - God gaan met Abraham op trek - perspektiewe op Abraham se lewe : fokusartikel

This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

Die geskiedenis van Abraham is seker aan die meeste van ons bekend. In die openbaringsgeskiedenis (dit wil sê, in die selfopenbaring van God binne die geskiedenis) neem Abraham 'n baie belangrike plek in. Die openbaring aan Abraham lui 'n nuwe (derde) fase in van God se bestuur van die wêreldgeskiedenis, en dit is terselfdertyd die einde van die "oergeskiedenis". Die eerste deel van God se selfopenbaring begin met Adam en Eva. Maar Adam en Eva het gesondig. Hulle word uit die paradys geban, en dan volg die verwording van die mensdom tot by die tyd van Noag, waar die Here net een gesin spaar vanweë die vooruitgang van die sonde op die aarde. God openbaar Homself daarna in sy betrokkenheid by Noag en sy nakomelinge. Die derde selfopenbaringsfase breek aan met die geskiedenis van Abraham. Genesis 11 se laaste gedeelte vorm 'n oorgang vanaf die "oergeskiedenis" na die tye wat in die menslike annale opgeskryf is. In hierdie verse word die verband aangetoon tussen Sem en Abraham se oupa (Nahor) en pa (Tera).

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/110/3215/EJC57856
2008-09-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error