1887

n Die Kerkblad - Die GKSA en die waarde van kerkvergaderings : fokusartikel

This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

Tydens 'n kerkvergadering word gesamentlike besluite geneem oor sake wat die kerk en die koninkryk van die Here en sy dienswerk in die wêreld raak. Hierdie vergadering onderskei homself van enige ander vergadering deurdat dit suiwer ten doel het om die voordeel van die kerk van die Here en sy eer op elke terrein te soek (1 Kor 10:31). Daarom word elke kerkvergadering geopen en afgesluit in die Naam van die Here (KO art. 32). Die uitgangspunt van elke kerkvergadering behoort dan ook te wees : "Die Heilige Gees en ons het besluit" (Hand 15:28). Met die diepe bewustheid dat die kerk aan die Here Jesus Christus behoort en dat Hy die Hoof is van sy kerk (Ef 1; Kol 1), moet sy wil telkens in elke besluit gesoek word. Daarom, om enige hiërargie in die kerk te voorkom en om te keer dat iemand sy plek probeer inneem, mag 'n Woordbedienaar nie twee keer na mekaar die voor sitter van 'n meerdere vergadering wees nie (KO art. 35). Hy moet ook deur sy optrede verseker dat niemand tydens die vergadering op so 'n wyse optree dat die Naam van Jesus Christus skade ly nie (KO art. 35, 43).

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/111/3220/EJC58037
2009-02-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error