1887

n Die Kerkblad - Sinodevoorsitters reik verklaring uit oor komende verkiesing : brandpunt

This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

Die drie Afrikaanse kerke, naamlik die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika, die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika en die Ned. Geref. Kerk, beskou dit as hulle profetiese roeping om etiese kwessies in die Suid-Afrikaanse samelewing aan te spreek. Die kerke wil, met die oog op die komende verkiesing, op sekere itgangspunte wys :


Alle geregistreerde burgers van die land het die reg én die plig om aan die politiek deel te neem. Vir Christene beteken dit nie net om te stem nie, maar ook om op alle vlakke deel te neem aan die politieke gesprek wat die verkiesing voorafgaan. Sulke gesprekke kan daartoe bydra om helderheid oor bepaalde politieke kwessies te verkry.
Die koninkryk van God gaan wyer as die grense van die kerk. Daarom moet Christene binne en buite die politiek regverdigheid teenoor alle mense, ongeag ras, kleur, geloof of geslag, bevorder. Elke stem in die huidige minderheids of meerderheidspartye moet daarop aandring. Die ideaal van Suid-Afrika as 'n nie-rassige land moet gekoppel word aan algemene reg en geregtigheid.

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/112/3222/EJC58123
2009-04-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error