1887

n Die Kerkblad - Gelukwensing aan NG Kerk Teologiese Skool : van oraloor

This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

Die jaar 2009 is nie net vir die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika 'n feesjaar nie, maar ook vir die NG Kerk, want op 1 November 1859 het daar 'n feestelike stemming in Stellenbosch geheers toe die amptelike opening van die Teologiese Seminarium van die NG Kerk plaasgevind het. Die pragtige ou, historiese Drosdy-gebou is omskep in die Teologiese Seminarium. Dit was die eerste teologiese skool / seminarium in Suid-Afrika, en die vervulling van 'n ideaal wat lank gekoester was. Vanaf die koms van Jan van Riebeeck in 1652, en met die planting van die gereformeerde godsdiens, was die kerke aan die Kaap en verder in die binneland vir predikante afhanklik van klassis Amsterdam in Nederland. Nadat die Kaap vir die tweede keer deur die Britte beset is, in 1806, het daar feitlik geen predikante meer uit Nederland gekom nie. Enkele studente het in Nederland gaan studeer, en daar te doene gekry met 'n liberale teologie wat vir die kerk aan die Kaap 'n bron van kommer was. In 1820 het die owerheid met sy verengelsingsbeleid gehelp dat daar predikante vanuit Skotland na Suid-Afrika gekom het.

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/112/3227/EJC58244
2009-09-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error