
Full text loading...
Dit is nou reeds 'n geruime tyd dat 'n mens agterkom dat rassespanning besig is om op te laai in ons land. Daar is heelwat faktore wat daartoe aanleiding gee. Byvoorbeeld : die volgehoue misdaad en geweld en die brutaliteit waarmee dit geskied, laat rassistiese ondertone deurskemer. Dit het ook duidelik geword dat die landbougemeenskap en plaasboere geteiken word as sagte teikens vir misdaad. Politieke ontleders het lank reeds gewaarsku dat daar iets gedoen moet word, want raspolarisasie is besig om die brose demokrasie te bedreig.
Article metrics loading...