
Full text loading...
Sowat 'n jaar voordat die laaste wolke van die Eerste Wêreldoorlog oor die gesigseinder van Europa sou verdwyn, lewer die Berlynse kerkhistorikus Karl Holl in 1917 'n voordrag by die 400ste herdenking van Martin Luther se 95 Stellings van 31 Oktober 1517. Hierdie voordrag het 'n nuwe opwelling van belangstelling in Luther en die Lutherse Reformasie ontketen, 'n oplewing wat later as die Luther-Renaissance bekend gestaan het. Luther en sy betekenis vir nie net die Protestantse kerke nie, maar vir die hele samelewing, ook ver buite die grense van die Duitse nasie is opnuut ontdek - met 'n vloed van navorsingsresultate en publikasies tot gevolg, wat sou voortduur tot ons tyd.
Article metrics loading...