
Full text loading...
Wag op die Here! Wees sterk en laat jou hart sterk wees! Ja, wag op die HERE! Met dié woorde sluit Dawid Psalm 27 af. Dit is woorde wat eie is aan die lewe van 'n gelowige kind van God. Om te wag, is nie maklik nie, veral nie vir ongeduldige mense nie. Dinge moet vinnig gebeur. Tyd is kosbaar. Tog word ons op talle plekke in die Skrif deur die Here opgeroep om te wag. Geduldig wag, volhardend wag, lydsaam wag, gehoorsaam wag, afwagtend wag, verlangend wag, hoopvol wag.
Article metrics loading...