
Full text loading...
Die tweede Algemene Sinode van die GKSA het in Januarie vanjaar 'n openbare getuienis oor die ekologiese krisis in Suid-Afrika en die wêreld aanvaar. Dit was die eerste keer dat 'n sinode van ons kerke hom so duidelik en ondubbelsinnig oor hierdie saak uit gespreek het. In die getuienis word bely dat God die Skepper van alle dinge en ook die mens is, dat die mens se verhouding met God en die skepping deur die sondeval vertroebel is en dat God weer in en deur Jesus Christus en sy Gees herstel en vernuwing in sy verhouding met die mens, die verhoudings tussen mense onderling en die mens se verhouding met die skepping bewerk. Verder spreek die Sinode sy kommer uit oor onbeteuelde bevolkingsaanwas in die wêreld, die misbruik van hulpbronne ter wille van welvaart en die uiters oneweredige verspreiding van welvaart op aarde wat sommige mense in ellende laat terwyl ander in oorvloed lewe.
Article metrics loading...