Die owerheid is deur God ingestel en dit bepaal my politieke standpunte (Rom. 13:1-7; 1 Pet. 2:13-17)
Wat is my waardesisteem? Sekerlik die dinge wat vir my kosbaar is. Omdat ek 'n dissipel van Jesus Christus is, is Hy vir my die heel kosbaarste. Deur Hom is ek met my hemelse Vader versoen. Die Heilige Gees lei my as gelowige in goeie burgerskap.