
Full text loading...
In die briewekolom van 'n gesinstydskrif enkele weke gelede is daar gedagtes gewissel oor die kwessie van sensitiewe taalgebruik. Dit het gegaan oor die manier waarop verwys word na iemand wat sy eie lewe geneem het. Om daarna as "selfmoord" te verwys, skryf een korrespondent, is darem baie onsensitief; praat liewer van "selfdood". Nee, skryf 'n volgende een, ook "selfdood" is te erg; sê liewer dat die persoon sy of haar "stryd teen depressie verloor het". Alles goed en wel, skryf 'n vrou wat haar man onlangs op hierdie wyse verloor het: noem dit wat jy wil - dit verander egter niks aan die harde en wrede werklikheid vir almal wat daarby betrokke is nie.
Article metrics loading...