
Full text loading...
Ons almal ken dit: In die oggend bring ons heerlike tyd saam met die Here deur in gebed en Skrifstudie. Ons beleef soveel vrede. Die dag begin, maar die een na die ander onbeplande probleem duik op: by die werksplek is 'n noodsituasie. Jou kind skakel en soek dringend jou raad: "Pa, wat moet ek doen?" Jy soek jou beursie en kan dit nêrens vind nie. Iemand jak jou af. Intussen voel jy geroepe om met die man voor jou te praat oor die evangelie, maar jy vind nie die regte woorde nie. Elke dag is vol verrassings. Dit is in hierdie konteks wat skietgebede van waarde is.
Article metrics loading...