
Full text loading...
Per geleentheid het 'n persoon aan ons Here Jesus Christus gevra wat die grootste gebod is. Jesus se antwoord is aan ons almal goed bekend: "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand." Hierdie antwoord is vir elkeen, maar in die besonder vir elke onderwyser, van groot belang. Wat eis die Here as Hy ons leer om die Here met ons verstand lief te hê? En hoe lyk 'n skool of klaskamer waar kinders leer om die Here nie net met hulle hart en siel nie, maar ook met hulle verstand te dien?
Article metrics loading...