
Full text loading...
Dit is Calvyn (Inst. 4.1.14) en voor hom Ciprianus en Augustinus wat die beeld van die kerk as Moeder gebruik. Calvyn stel dit onder andere soos volg: "Daar is ... geen ander toetrede tot die lewe tensy die kerk ons in haar skoot ontvang, aan ons geboorte skenk, ons aan haar borste voed en ons onder haar beskerming en leiding bewaak totdat ons ons sterflike vlees afgelê het en soos die engele is nie. En ons swakheid laat immers ook nie toe dat ons van haar skool af weggaan voordat ons ons hele lewe haar leerlinge was nie. Hierby is daar buite haar skoot geen hoop op sonde vergifnis en geen hoop op saligheid nie." Hierdie beeld geld vir die "algemene" kerk (katoliek, wêreldwyd, vgl. Die Twaalf Artikels), maar ook die plaaslike kerk, wat die volle openbaring van die kerk is, of behoort te wees.
Article metrics loading...