
Full text loading...
In 'n onlangse artikel skryf Miroslav Volf, 'n professor in Sistematiese Teologie aan die Yale Divinity School, dat die universiteitswese wêreldwyd 'n identiteitskrisis beleef. Op finansiële gebied gaan dit miskien goed, veral met groot, bekende universiteite soos Yale en Harvard. Die probleem is egter dat universiteite oor die afgelope 40 jaar al meer in professionele aktiwiteite betrokke geraak het, wat hulle al verder laat wegbeweeg het van dit wat eintlik by 'n universiteit tuishoort.
Article metrics loading...