1887

n Die Kerkblad - Phiritona se kerkgebou feestelik in gebruik geneem : van oraloor

This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

Saterdag 14 Maart 2015 was 'n heuglike dag vir die Gereformeerde (Sending)kerk Phiritona toe hulle nuwe kerkgebou amptelik in gebruik geneem is. Die kerkgebou is 1,5 km buite Heilbron aan die regterkant van die Sasolburgpad geleë. Die diens tydens die feesgeleentheid is gelei deur ds. Tommie van Vuuren van die Geref. Kerk Heilbron. Gelukwensingsboodskappe is oorgedra deur ds. M Letebele van Thabong (Welkom) namens Klassis Noord-Vrystaat, ds. J Temba van Kutloanong (Kroonstad) namens die Streeksinode Vrystaat en Kwazulu-Natal, prof. L Moretsi namens die Teologiese Skool in Potchefstroom, ds. NI Mohlamme van die Bethel Reformed Church as verteenwoordiger van die ander kerke in Phiritona en mnr. M Madiehe namens die Reformed Church Youth Movement (RCYM) in die Vrystaat. Die RCYM Phiritona-koor onder leiding van mnr. Mohau Mokoena het die gehoor beïndruk met pragtige sangitems. 'n Gedenksteen is onthul deur ds. Van Vuuren en mnr. Petrus Malindi, sendingwerker van die gemeente. Die erediens op Sondag 15 Maart is gelei deur ds. Simon Hibbert, sendeling van die Geref. Kerk Koster.

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/118/3291/EJC171056
2015-06-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error