
Full text loading...
Die stelling kan sonder vrees vir teëspraak gemaak word dat daar tans 'n verskerpte aanslag op die identiteit van die Afrikanervolk gemaak word. Onder identiteit verstaan ons die taal, kultuur, geskiedenis, simbole, instellings, ensovoorts. Hier kan maar net onder andere na die volgende verwys word: Afrikaanse skole en universiteite word geteiken om in terme van taal, etos ensovoorts, te verander (ons voel dit al hoe meer aan ons lyf hier op Potchefstroom); die geskiedenis vir skoolleerplanne word herskryf; die Afrikaanse taal word bedreig; Afrikaanse simbole (soos monumente) moet verdwyn, ensovoorts.
Article metrics loading...