
Full text loading...
Mnr. JH Hofmeyr, die waarnemende Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika het op 9 Mei 1945 in 'n radio-uitsending bekend gemaak dat die Tweede Wêreldoorlog amptelik beëindig is. Daar is vrede. Die Suid-Afrikaanse helde sal terugkeer. Hy spreek sy dank uit vir hulle onbaatsugtige diens om die wêreld die bevry van Nazi-oorheersing. Hulle moet as helde ontvang word. Die kerkklokke lui en sirenes loei. Die strate loop vol van juigende mense. Die oorlog is verby!
Article metrics loading...