1887

n Die Kerkblad - Geloofsgroei ... deur daaglikse bekering : fokus

This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

Met elke gelowige, of sy/haar geloof nog in sy kinderskoene staan of ver op die pad na volwassenheid gegroei het, het wonders gebeur. Hy/sy het saam met Christus gesterf. Dit beteken dat die ewige straf vir die gelowige klaar voltrek is. Nooit sal God ons straf nie. Ja, ons sal getugtig word, ons sal gesnoei en gevorm word, maar die straf is gedra en ons is van al ons skuld en sonde vrygespreek. Die wonder hou nie op nie, want ons het ook saam met Christus opgestaan. Ons het die dood oorwin en Satan se mag in ons lewe is gebreek. Ons lewe nou Christus se lewe, 'n nuwe lewe wat geheilig is en wat al meer na die beeld van Christus vernuwe word. Om so seker te wees dat ons saam met Christus gesterf en opgestaan het, plant die Heilige Gees geloof in ons harte. Dit is alreeds 'n wonder dat nietige mense in God kan glo en aan alles wat Hy gedoen en belowe het. Net so wonderlik is dit dat geloof kan groei. Die groeistadium van ons geloofslewe kan met leeftydfases vergelyk word, byvoorbeeld 'n baba-geloof, kleuter-geloof, tiener-geloof en volwasse geloof. Elkeen van ons moet onsself ondersoek in watter stadium ons in ons geloofsgroei is, want geloof kan net groei of net kwyn. In 'n kort reeks wil ons daaroor nadink dat geloofsgroei onder andere plaasvind deur groei in daaglikse bekering, groei in geloofskennis, groei in geloofsvertroue en groei in geloofsdade. In hierdie artikel ontdek ons opnuut dat geloof deur daaglikse bekering groei.

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/118/3293/EJC174290
2015-08-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error