1887

n Die Kerkblad - Waaroor gaan 'n eindtydse spiritualiteit nou eintlik? : fokus

Volume 118, Issue 3296
  • ISSN : 0023-0596
This is currently unavailable for purchase.

 

Abstract

Spiritualiteit het 'n eietydse modewoord geword. Om die hartklop en wesenlike daarvan raak te definieer, is nie so eenvoudig nie. Christelike spiritualiteit beskryf jou alles-opeisende en omvattende Christelike lewensingesteldheid as Christen.


Daar bestaan natuurlik meer as een spiritualiteit. Ons kan byvoorbeeld ook van 'n Joodse of Islamitiese spiritualiteit praat. Dit hang ten nouste saam met iemand se lewensbelydenis en waardes. Vanuit Bybelse en reformatoriese oogpunt is die Christelike spiritualiteit die belewenis van die Christen se leefwêreld voor God (: voor God se aangesig) wat deur Jesus Christus deur sy dood en opwekking verdien is, en wat deur die teenwoordigheid van die Heilige Gees bemagtig en begelei word. Dit beskryf dus die gelowige se alledaagse en allesomvattende ervaring van Christen wees.
Christelike spiritualiteit is veel meer as gebed, vroomheid, stil word voor God se aangesig en mistieke afsondering. Dit omspan al jou doen en late en is nie net bedoel vir esoteriese (diepsinnige) momente in jou lewe nie. Deur etiese optrede word jou spiritualiteit 'n sigbare bewys en teken van God se bedoeling met jou in sy wêreld. Om in Suid-Afrika Christen te wees, bied aan ons Christelike spiritualiteit besondere uitdagings. Met die oog op die naderende wederkoms raak gelowiges se spiritualiteit nog belangriker.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/kerk/118/3296/EJC179508
2015-11-01
2017-08-21

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error