
Full text loading...
Dit is asof die wêreld om ons aan't vergaan is. Dwarrelwinde jaag soos duiwelsasems oor die dorre aarde heen en gooi sandwalle teen heinings waaragter welige gewasse gewoonlik sou staan. Net 'n eensame brandkopkorhaan kraak-kraak eentonig in die verte, terwyl die waaierstertmeerkat in sy eie stert se skadu skuiling soek. Plek-plek lê gebeentes in kringe van wit mismerke waar aasvoële diere finaal tot stof laat terugkeer het. Waar is daar nog enige lewe? Waar is daar nog enige hoop?
Article metrics loading...