
Full text loading...
In Januarie vanjaar is daar 'n konferensie van 'n wêreldwye netwerk van teologiese fakulteite in Zürich gehou. Navorsers uit hierdie fakulteite het besin oor die impak van die Christendom op samelewings in die verskillende wêrelddele. Die wetenskaplike inligting het tot baie interessante en diepgaande besprekings gelei. Daar is veral drie tendense wat telkens deur sprekers aangeraak is en kan beskryf word as die verset teen ateïsme, die groei in sekularisme en die toenemende invloed van die Pentekostalisme. In hierdie aflewering volg 'n paar gedagtes oor die verset teen ateïsme.
Article metrics loading...