1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Om 'n leier te wees : vanuit 'n Christelike perspektief : research article

USD

 

Abstract

To be a leader - from a Christian perspective


The focus of this article is not in the first place (as in the case with many popular books on leadership) on how to be an efficient leader, but on what leadership entails. As an introduction it asks attention for the fact that worldwide leadership, but especially in Africa, is not what it should be. In order to pinpoint the possible reasons for this failure, the dominant leadership traditions or styles of Africa and the West are described and compared. From this exposition the urgent need for an alternative for both the African and Western view and way of leading is evident. The next main section, therefore, reviews some general Biblical perspectives on leaders and leadership. This is followed by a detailed explanation of the meaning of a number of basic concepts (office, authority, power, community, organization, societal norms and responsibility) without which leadership can neither be correctly understood nor effectively practised. The article is concluded with a brief definition of what is implied by being a real leader.

Om 'n leier te wees - vanuit 'n Christelike perspektief


Die fokus van hierdie artikel is nie in die eerste plek (soos in die geval van baie populêre boeke oor leierskap) op hoe 'n mens 'n effektiewe leier kan wees nie, maar op wat leierskap presies inhou. Ter inleiding word die aandag daarop gevestig dat leierskap wêreldwyd, maar veral in Afrika, nie goed vaar nie. Om die moontlike redes vir hierdie mislukking noukeurig aan te toon, word eers die dominante leierskaptradisies of -style van Afrika en die Weste beskryf en vergelyk. Daaruit blyk dat 'n alternatiewe visie en wyse van leiding vir sowel Afrika as die Weste dringend noodsaaklik is. Daarom bied die volgende afdeling 'n oorsig oor breë Bybelse perspektiewe op leiers en leierskap. Dit word gevolg deur 'n detailbeskrywing van 'n aantal basiese begrippe (amp, gesag, mag, gemeenskap, organisasie, samelewingsnorme en verantwoordelikheid) waarsonder leierskap nie reg verstaan of beoefen kan word nie. Ten slotte word 'n kort, samevattende omskrywing gegee van wat dit beteken om 'n ware leier te wees.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/68/2_3/EJC59100
2003-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error