1887

n Koers : Bulletin for Christian Scholarship = Koers : Bulletin vir Christelike Wetenskap - Misdaad en die impak daarvan op die mens - 'n Christelike perspektief : research article

USD

 

Abstract

Crime and its impact on man - a Christian perspective


Crime is a depressing and frightening reality, especially within the South African context. In this article the following aspects are discussed from the vantage point of a Christian world view: the concept crime, its impact on 'victims', and the care-taking of victims' needs. Crime has a two-sided effect: it affects the victim and the perpetrator as well as their next of kin. Problematic issues regarding crime are outlined in the introductory part of the article. Subsequently a Christian perspective and what this frame of reference implies are discussed. On the basis of this perspective it is argued that crime is in essence a transgression of universal laws as well as of laws applied by governments and other authorities. When one lives lawlessly one implicitly and explicitly does not obey God's commandment to love one's neighbour and to honour and glorify God. As a result of the emotional 'distance' between a person affected by crime and a perpetrator, a crime-affected person is often not able to react and behave as can be expected of a believer whose way of life is intended to honour God. In addition to possible negative behavioural patterns and reactions, post-traumatic stress can contribute to dysfunctional development of traumatised people's potential. The Word of God teaches that care should be given to the interests of one's neighbour (in this case 'neighbour' implies both perpetrator and crime-affected person). A person affected by crime deserves the attention and support of both care-giving professionals and of members of the community at large.

Misdaad en die impak daarvan op die mens - 'n Christelike perspektief


Misdaad is 'n neerdrukkende en vreesaanjaende realiteit binne die Suid-Afrikaanse konteks. In hierdie artikel word die volgende aspekte vanuit 'n Christelike lewens- en wêreldbeskouing bespreek: die konsep misdaad, die impak daarvan op 'slagoffers', en die sorg dra vir die behoeftes van die 'slagoffer' of misdaadgeaffekteerde. Misdaad het 'n tweeledige effek: dit affekteer die slagoffer én die oortreder asook die naasbestaandes van albei partye. Problematiese aspekte van misdaad word oorsigtelik behandel in die inleidende gedeelte van die artikel. 'n Christelike perspektief asook die implikasies van so 'n verwysingsraamwerk word daarna bespreek. Op grond van hierdie perspektief word aangevoer dat misdaad in wese 'n oortreding van universele wette is asook 'n oortreding van wette wat toegepas word deur 'n regering en ander gesagsdraers. As iemand wetteloos lewe, dan verontagsaam hy implisiet of eksplisiet God se gebod om sy naaste lief te hê en God te eer en te verheerlik. Op grond van die emosionele 'afstand' tussen iemand wat deur misdaad geaffekteer is en die oortreder self, reageer 'n misdaadgeaffekteerde dikwels nie in ooreenstemming met die verwagte gedragswyse van 'n gelowige, wie se lewe bedoel is om God te eer nie. Behalwe vir 'n moontlike negatiewe gedragswyse en reaksie kan posttraumatiese stres ook bydra tot die moontlike disfunksie in die ontwikkeling van 'n getraumatiseerde persoon se potensiaal. Die Woord van God leer dat 'n mens moet omsien na die belange van jou naaste (in hierdie geval impliseer 'naaste' sowel die oortreder as die misdaadgeaffekteerde). Iemand wat deur misdaad en die gevolge daarvan geraak is, verdien die sorg en ondersteuning van professionele hulp én die hulp van die groter gemeenskap.

Loading

Article metrics loading...

/content/koers/69/2/EJC59140
2004-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error