
Full text loading...
Six decades of philosophy of education since J. Chris Coetzee - where do we stand today?
Ses dekades het verloop sedert professor J. Chris Coetzee die eerste keer sy "Inleiding tot die algemene teoretiese opvoedkunde" gepubliseer het. Hierdie artikel het ten doel om te verduidelik hoe die reformatoriese opvoedingsfilosofie in Suid-Afrika in hierdie ses dekades ontplooi het. Die bespreking is nie in die vorm van 'n blote oorsig van gebeure nie. Aan die hand van onlangse insigte op die terreine van die filosofie en die sosiologie van die wetenskap word verduidelik waarom die reformatoriese opvoedingsfilosofie in Suid-Afrika tans in die staat verkeer waarin dit wel is. Teorieë oor die ontplooiing van die wetenskap ontwikkel deur Kuhn, Neurath, Barrow en andere word gebruik om die aard van die krisisse wat hierdie vakgebied ondervind, te verduidelik.
Article metrics loading...